Boedisme is nog ateïsties nog teoïsties en dit ding nie met ander gelowe mee nie en gevolglik is die religieuse of filosofiese oortuigings van besoekers nie van belang nie en dit word nie van besoekers verwag om te verander na Boediste nie. Daar is drie hoof ontvlugtingsprogramme en sluit in Begeleide Ontvlugting, Selfontvlugting en dagbesoeke. Die Begeleide Programme volg ‘n vaste skedule vir elke dag en deelnemers moet alles bywoon vir maksimum resultate. Selfontvlugting is nie gestruktureer nie en deelnemers is vry om te stap, te mediteer, na klankopnames te luister of om hulp te vra by personeel met betrekking tot die Boedistiese filosofie en meditasie. Dag besoekers is ook ‘n vorm van selfontvlugting en besoekers is vry om die rustigheid van die omgewing te geniet volgens hul eie behoeftes.
Akkommodasie is beskikbaar vir tot agt en dertig deelnemers in en-suite hutte en in enkel en dubbelkamers. Die spyskaart is melk en eier gebaseerde vegetariese disse van selfgekweekte groentes en varsgebakte brood. Die rustige omgewing van die Boediste Rusplek bied ‘n ideale geleentheid om die Boediste kultuur te ervaar deur die beoefening van filosofie, neditasie en sielkunde. Besoekers ward aangemoedig om die die Boedistiese tradisionele leefstyl te aanvaar wat insluit respek vir alle lewensvorme asook die weerhouding van alkoholiese en ander bedwelmende substansies. Hierdie ontsnappingslek bied ‘n volledige breuk met die gejaagdheid van die moderne lewe.