Aanvanklik is die drie dae fees in 2002 aangebied as ‘n Agri-Expo gebeurtenis, maar het in omvang en gewildheid gegroei tot die huidige vier dae feesviering met die beste kaassoorte en verwante produkte wat Suid-Afrika lewer. Bepaalde hoogtepunte sluit die sogenaamde Checkers Cheese Emporium in wat deur een van Suid-Afrika se voorste supermarkgroepe aangebied word. Uitstallers in die lugversorgde markiestent sal benewens kaasmakers ook aan verwante voedsel en wynprodusente ‘n uitstal geleentheid bied. Besoekers sal genooi word om die verskeidenheid produkte wat op promosie is, te proe. Vervaardigers is dit eens dat die Suid-Afrikaanse Kaasfees die perfekte geleentheid is om nuwe produkte te loods en terugvoer van verbruikers te ontvang. Besoekers kan dus verwag dat hul smaakkliere deur sommige uitstaande kase geteiken gaan word.
Die Cheese Market and Fair Cape Market Square skep ‘n feestelike plattelandse atmosfeer waar besoekers kan ontspan en hul kopies kan geniet. Die mark sal vars vrugte, brood, tuisgemaakte konfyte, neute en wyn verkoop om die verskeidenheid kase te komplementeer. Vir die jonges is daar aktiwiteite soos vermaaklikheidsaanbieders, ‘n springkasteel, gesigverf en inkleurkompetisies. Ander hoogtepunte by die SA Kaasfees is Gourmet Lane, Ladismith Cheese Music Gazebo, die Absa Kaas- en Wynroete, die Milk Factory, en die Surepure Cooking Pot waar besoekers ongewone maniere sal ontdek om kaas in resepte te gebruik.
Die Suid-Afrikaanse Kaasfees bied vier dae van goeie kos en vermaak in een van die mooiste omgewings van die Wes-Kaap. Of jy nou ‘n ondersteuner is van alles wat van kaas gemaak is of nie, hierdie is ‘n gesinsgebeurtenis op die sosiale kalender wat nie oorgeslaan mag word nie.