Die eerste My Coke Fest 2008 vanjaar is in Johannesburg by die New Market Resiesbaan op 21 Maart 2008 as deel van ‘n twee-konsert fees. Hierdie uitstaande musiek skouspel word na Suid-Afrika deur Coca Cola, Big Concerts en 5FM gebring. Die organiseerders het gesorg vir ‘n sterbelaaide konsert wat tien van die gewildste plaaslike en oorsese kunstenaars insluit. Die konsert word op 24 Maart by die Kenilworth Resiesbaan in Kaapstad herhaal.
Die opwindende twaalf uur lange program sluit orkeste in soos Kaiser Chiefs, Chris Cornell, Good Mars, KORN, Prime Circle en Muse. 5FM het onlangs aangekondig dat die patinum-status 30 Seconds to Mars groep ook sal optree, wat natuurlik die verwagte opwinding veroorsaak het. Die organiseerders het moeite gedoen om te verseker dat die My Coke Fest wêreldklas kunstenaars het en dat vanjaar se musiekfees aan almal se verwagtinge sal voldoen.
In beide gevalle open die hekke om 10:00 en die konsert begin om 12:00. Kaartjies is verkrygbaar deur Computicket en pryse wissel tussen R600 en R330 per persoon.
Dit word verwag dat beide Johannesburg en Kaapstad in Maart wakker geskud sal word na mate My Coke Fest 2008 aan die beweeg kom. Dit word beloof om die musiekskouspel van ‘n leeftyd te wees en sal die toonvenster wees vir die talentvolste kunstenaars van ons tyd. Die ‘groot name’ se deelname is reeds bevestig en daarom word ‘n stormloop vir kaartjies verwag.