Dit was tydens die Cannes Filmfees in Mei 2010 waar Life Above All sy debuut gemaak het. Die gehoor het soveel waardering vir die rolprent getoon dat dit ‘n staande ovasie van ongeveer tien minute ontvang het. Dit het aan die spelers en vervaardigers die hernude optimisme verskaf dat die rolprent genomineer kan word vir die kategorie Beste Buitemlandse Rolprent. Die voorsitter van die SA Akademie se Toekenningskomitee se kommentaar op die rolprent was dat die storielyn, die hoë kwalteit van vervaardiging en redigering en die uitstaande optrede van die spelers die rolprent ‘n goeie kans bied om aan die Internasionale Seleksiekomitee se standaarde te voldoen.
Khomotso Manyaka speel in die hoofrol, Chanda, die rol van ‘n dogter wat gerugte hoor dat haar moeder HIV positief is. Sy besluit om die skool te verlaat en onderneem ‘n reis om die waarheid agter die gerugte te wete te kom deur haar moeder op te spoor. Die rolprent, gebaseer op ‘n roman deur Allan Stratton met die titel Chandra’s Secret is ‘n inspirerende verhaal van die jong dogter wat die skande van die gerugte moet hanteer en haar vrees opsy sit in ‘n soektog na die waarheid.
Die afwagting of Life Above All die nominasielys gaan haal sal duur tot Februarie 2011 wanneer die aankondigings gedoen gaan word. Almal is optimisties met veral Greig Buckle, die mede-vervaardiger, wat nie sy opgewondenheid kan inhou nie. Hy sê dat hy bewe van opgewondenheid omdat die rolprent soveel gunstige kommentaar ontlok.