Die Bierroete begin in Durban, Suid-Afrika se toonaangewende kusoord, met die Pavillion inkopiesentrum in Westville as die eerste stop. Die Firkin Hobhouse Brouery bied vier verskillende tipes bier wat op die perseel gebrou word. Die ketels vorm deel van die kroeg se dekor en ‘n volledige toer met verduidelikings is beskikbaar.
‘n Groot brouery in die roete is die SA Brouerye (SAB) wat die derde grootste ter wêreld is. ‘n Besoek aan die Congella Brouery bied weer ‘n kykie in die maak van sorghum bier ─ die tradisionele Afrika-bier wat van koring en mielies gemaak word.
In die skilderagtige dorpie, Wartburg, wat deur Duitse setlaars gestig is vertoon die Duitser wat die eienaar van die Wartburger Brauhaus aldaar is, graag sy hotel en die bier wat hy brou. Ander brouerye op die Bierroete is die Ijuba-United National Breweries in Dundee, die Farmer’s Brewery in Hattingspruit, Zululand Brewing Company is Eshowe en die Shongweni Brewery in die Vallei van ‘n Duisend Heuwels.
Die Nottingham Road Brewing Company word beskou as een van die beste en het biere met name soos: Whistling Weasel Pale Ale, Pickled Pig Porter, Pie-eyed Possum Pilsner en Tiddly Toad Lager. Hierdie gewilde vatbiere word gemaak volgens geheime resepte en gebruik slegs suiwer fonteinwater.
‘n Deel van die Bierroete gaan deur die natuurskone Midlands Meander wat besoekers lei na asemrowende natuurskoon in die Kwa-Zulu Natal provinsie en gaan ook deur die kuns en kunsvlyt hart van die gebied. Daar is dus baie redes om die Bierroete te verken, benewens die ooglopende een ─ bier!