Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie

Die talle kuns- en handwerk ateljees sluit in die Akha Moma Museum vir Moderne Kuns, die Firenze Galery en Alice Kunsgalery wat skilderye, beeldhouwerke, geskenke en versamelstukke deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars uitstal en verkoop. Chris Patton’s Ceramics bied ‘n wye verskeidenheid ornamentele en funksionele ware asook keramiek voëlvoerders aan wat almal in sy ateljee geskep en versier is. Die Mukondeni Fynkunste Ateljee vertoon beeldhouwerke, skilderye, kleipotte en ‘n verskeidenheid funksionele kunswerke deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Die Wesfort Erfenisdorpie, wat deel van die Krodilrivier-roete vorm, sluit Gauteng se grootste historiese fort in wat terugdateer na 1893. Besoekers kan deur die fort loop en ook deur die negentiende eeuse dorpie waar hulle die 1897 poskantoorwinkel en -kafee kan besoek. Die Erfenis Wandelroete neem besoekers na die 16de eeuse Bavenda klipstat ruïnes, terwyl vars melk en eiers by die gerestoureerde 1898 Van Vuuren-plaas gekoop kan word. Hierdie skilderagtige omgewing word tans ontwikkel tot ‘n dorpie van galerye, teaters en restourante.

Daar is verskeie avontuurlike aktiwiteite vir besoekers wat die Krokodilrivier Ontdekkingsroete volg. Ambisies om in ‘n warmlugballon te vlieg oor die Wieg van die Mensdom en ook die Magaliesvallei kan hier bevredig word, terwyl wild besigtig kan word vanuit die lug. Vir diegene met hoogtevrees is daar wildbesigtigingstoere in Afrika-bosse onder leiding van ingeligte gidse. Daar is ook ‘n geleentheid vir ‘n safari op olifante. Die Elephant Sanctuary bied ‘n tuiste vir ses Afrika-olifante ─ elk met sy eie unieke persoonlikheid ─ en daar is geleentheid om saam met hulle te stap, hulle aan te raak en te voer. Watersport op die Hartebeespoortdam sluit jetski, paraseil, waterglybane en vele meer in. Vir die minder energieke besoekers is daar ‘n gemaklike skemerkelkvaart op die rustige water.

Ostri-San nooi besoekers om die San Boesmans te ontmoet, volstruise te voer en selfs te kyk hoe volstruiseiers in broeikaste uitgebroei word. Handgekerfde en handgeverfde eiers en ook volstruisvel handsakke, beursies, skoene en vele meer kan daar gekoop word. Besoekers aan die Phumangena u Muzi tradisionele Zoeloe-stat kan ‘n tradisionele Zoeloe-maaltyd geniet terwyl hulle met Zoeloedanse vermaak word.

Die Krokodilrivier ontdekkingstog bied ’n groot verskeidenheid aan besoekers en die enigste probleem is om te besluit wat om eerste te doen.

No tags assigned to this post.

Leave a Reply

Related Articles

Be a part of our Awesome SouthAfrica.com Community

Subscribe to our newsletter to be a part of Latest news, Social campaigns, Hot topics & thrilling events happening around you.

We are working on this. This functionality is coming soon.

Terms & Conditions for Event Submission

By submitting an event on our platform, you agree to the following terms and conditions:

1. Organizer Payouts

Free events do not involve financial transactions; therefore, no payouts are applicable.

2. Compliance

Event submissions must comply with all applicable local laws and regulations. We reserve the right to reject or remove any event that violates our community standards or legal policies.

3. Email Confirmation

All organizers must confirm their email address to activate their event submission and receive important updates regarding ticket sales and payouts.

By submitting an event on our platform, you agree to the following terms and conditions:

1. Platform Service Fees

A service fee 20% will be deducted from each ticket sold through our platform. This fee covers administrative costs, payment processing, and platform maintenance. 

2. Organizer Payouts

All event organizers will receive payouts on a monthly basis. Payouts will include the total revenue from ticket sales, minus the applicable platform service fees. Organizers are responsible for ensuring that their payout details are accurate and up to date in their account settings.

3. Compliance

Event submissions must comply with all applicable local laws and regulations. We reserve the right to reject or remove any event that violates our community standards or legal policies.

4. Email Confirmation

All organizers must confirm their email address to activate their event submission and receive important updates regarding ticket sales and payouts.

Privacy Overview

To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.