Wêreldbeker 2010 Stadions in SA

Johannesburg: Soccer City Stadion

Hierdie stadion is onlangs voltooi en is in die bedrywige stad Johannesburg geleë. Die stadion is ontwerp of te lyk na ‘n kalbas en kom veral snags waneer dit verlig is tot sy reg. Die oorspronklike stadion is in 1987 gebou en het ‘n lang geskiedenis van groot wedstryde. Opgraderings het gelei tot ‘n kapasiteit van 94 700 en daar is 184 losies. Die jongste opgradering het ‘n nuwe dak wat alles omsirkel ingesluit asook nuwe kleedkamers en beligting. Afgesien van die ander wedstryde wat daargaan plaasvind is dit die plek waar die eerste wedstryd van die toernooi gespeel gaan word en ook waar die eindwedstryd beslis gaan word. Besienswaardighede in die omgewing is die Newtown Kultuurprojek, die Apartheidsmuseum, die Johannesburg Dieretuin en Konstitusie Heuwel.

Kaapstad: Groenpunt Stadion

Geleë in die toeriste vriendelike stad Kaapstad is hierdie nuutgeboude stadion ontwerp om 70 000 toeskouers te kan hanteer. Dit is teen die pragtige Tafelberg as agtergrond en is na aan die see. Hierdie stadion is geskeduleer om ‘n hele aantal wedstryde te akkommodeer insluitend een van die halfeind-wedstryde. Dit het ‘n indrukwekkende struktuur en verhoog die aantrekkingskrag van die Kaap. Daar is ook ander belangrike besoekpunte wat tydens ‘n besoek aan Kaapstad ingesluit moet word: Tafelberg, Robbeneiland, Kinstenbosch Nasionale Botaniese Tuine en die Victoria en Afred Waterfront.

Johannesburg: Ellispark Stadion

Die oorspronklike pawiljoen is in 1928 gebou en herontwerp in 1992. Ellispark was die sentrum van Suid-Afrikaanse rugby oor baie jare heen. ‘n aantal geringe opgraderings was nodg vir die sokker wêreldbeker insluitend ‘n uitbreiding van die noordelike pawiljoen wat die kapasiteit tot 62000 verhoog het. Hierdie uitsonderlike stadion beskik oor uitstekende media-fasiliteite, BBP areas, borrelbaddens vir spanne, ‘n nuwe speelveld en ‘n briljante oudio-visuele vertoonfasiliteit.

Durban: Moses Mabhida Stadion

Hierdie stadion is nuut gebou met komponente van die Suid-Afrikaanse vlag in sy ontwerp. ‘n Massiewe 550 meter lange boog simboliseer eenheid in die land. ‘n Kabelkar neem besoekers na die uitkykpunt op die hoogste punt van die boog op ‘n hoogte van 160 meter bo die speelveld. Die uitkykpunt bied ‘n asemrowende gesig oor die stad en die hawe. Die stadion bied sitplek aan bykans 70 000 toekouers en is die gasheer vir een van die halfeind-wedstryde. Plekke om te besoek in Durban sluit in die Ushaka Marine World, verskeie strande en die Umgeni Voëlpark.

Tshwane/Pretoria: Loftus Versfeld Stadion

Een van Suid-Afrika se oudste stadions, Loftus Versfeld is sedert 1902 in gebruik. Geleë in hierdie historiese stad, is daar opgradering gedoen vir die Wêreldbeker. Die stadion bied sitplek aan bykans 50 000 toeskouers. Tydens ‘n besoek aan Pretoria is die volgende aantreklikhede van belang: Die Nasionale Dieretuin, die Voortrekkermonument en die Suid-Afrikaanse Nasionale Kultuur-historiese Museum.

Port Elizabeth: Nelson Mandela Bay Stadion

Hierdie aantreklike nuwe stadion is langs die Noordeind Meer. Daar gaan agt wedstryde hier gespeel word en dit bied sitplek aan 46 000 toeskouers. Dit is ontwerp om soos ‘n blom te lyk en gaan besoekers beslis beïndruk. Besoekers aan die stad kan gerus die volgende besienswaardighede besoek: Die wandelpad (Boardwalk), die nabygeleë Addo Olifantpark, die Blouvlag strande en historiese staproetes.

Mangaung/Bloemfontein: Free State Stadion

Die stadion is in 1952 gebou en is net voor die Konfederasiebeker opgegradeer. Dit het nou ‘n kapasiteit van 45 000. Die stad is die tuiste van die Celtics Sokkerspan en sokker het gegroei in gewildheid in die stad en dit is beslis die moeite werd om ‘n wedstryd hier te kyk.. Daar is ‘n aantal belangrike besoekpunte in die stad: Naval Hill, die Botaniese tuine, die Franklin-reservaat en die Bloemfontein Dieretuin.

Polokwane: Peter Mokaba Stadion

Hierdie stadion is ontwerp met die kremetartboom as tema en die staalstruktuur wat die dak steun is by die hoeke so saamgebind dat dit aan boomstamme herinner.. Die stadion is 5 kilometer van die stadsentrum is is maklik toeganklik en bied sitplek aan 45 000 toeskouers. Plekke om te besoek in die omgewing is: die Ndebele-stat, Makapan se Grot, die Valdezia Sendingstasie en die nabygeleë Kruger Nasionale Park.

Nelspruit: Mbombela Stadion

Die stadion is ongeveer 7 kilometer van die stadsentrum en bied sitplek aan 46 000 toeskouers. Hierdie is die stad se eerste voetbalstadion wat groot wedstryde kan aanbied. Daar is ‘n aantal nabygeleë wildparke en Nelspruit bied ‘n aantal wildlewe ervarings asook die geleentheid om die Sudwala-grotte te verken.

Rustenburg: Royal Bafokeng Stadion

Hierdie stadion is in 1999 gebou en en het ‘n opgradering ondergaan ten einde die wedstyde tydens die Wëreldbeker te kan ontvang. Die kapasiteit van die stadion is 44 530 en kan maklik bereik word vanaf die wêreld-beroemde Sun City (25 minute rit). Besienswaardighede in die omgewing sluit in: die Rustenburg Natuurreservaat, Pilanesberg Natuurreservaat en die Rustenburg Ramble (‘n kuns- en handwerk-roete).

No tags assigned to this post.

Leave a Reply

Related Articles

Be a part of our Awesome SouthAfrica.com Community

Subscribe to our newsletter to be a part of Latest news, Social campaigns, Hot topics & thrilling events happening around you.

We are working on this. This functionality is coming soon.

Terms & Conditions for Event Submission

By submitting an event on our platform, you agree to the following terms and conditions:

1. Organizer Payouts

Free events do not involve financial transactions; therefore, no payouts are applicable.

2. Compliance

Event submissions must comply with all applicable local laws and regulations. We reserve the right to reject or remove any event that violates our community standards or legal policies.

3. Email Confirmation

All organizers must confirm their email address to activate their event submission and receive important updates regarding ticket sales and payouts.

By submitting an event on our platform, you agree to the following terms and conditions:

1. Platform Service Fees

A service fee 20% will be deducted from each ticket sold through our platform. This fee covers administrative costs, payment processing, and platform maintenance. 

2. Organizer Payouts

All event organizers will receive payouts on a monthly basis. Payouts will include the total revenue from ticket sales, minus the applicable platform service fees. Organizers are responsible for ensuring that their payout details are accurate and up to date in their account settings.

3. Compliance

Event submissions must comply with all applicable local laws and regulations. We reserve the right to reject or remove any event that violates our community standards or legal policies.

4. Email Confirmation

All organizers must confirm their email address to activate their event submission and receive important updates regarding ticket sales and payouts.

Privacy Overview

To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.